Hoe om die Speakbook uit te durk – of dit self te maak!
Speakbook word beskerm deur kopiereg, maar u is welkom om kopieë daarvan te maak vir eie gebruik. Kopieëring en verspreiding van die Speakbook vir kommersiële of professionele redes word nie toegelaat sonder skriftelike toestemming nie – dit sluit in die gebruik in of deur hospitale, of enige ander Gesondheidspersoneel. Dit beteken nie dat ons dit nie sal toelaat nie, ons wil slegs ‘n gesprek voer, ‘n kommersiële gebruik lisensie laat onderteken en in sommige gevalle mag ons ‘n fooi hef vir die ondersteuning van ons dienste. Kontak asb vir [email protected] en laat weet ons wat u in gedagte het.
All die Speakbook PDF’s is verstelbaar. Dit beteken dat al is dit ‘n A4 grootte document, u dit kan druk in enige verlangde grootte. Beplan u om Speakbook baie te gebruik? Of is dit net vir noodgevalle? Indien laasgenoemde, mag dit raadsaam wees om ‘n kleiner Speakbook te druk sodat u dit maklik kan ronddra. Die verskil met die Kleiner weergawe is dat u en u maat nader aan mekaar sal moet sit. Julle sal ook Kleiner teks naby aan u oë moet kan lees. Ons het die Speakbook getoets in A5 en ‘letter’ groottes – en hulle het beide goed gewerk vir ons toets persoon. Voordat u ‘n Kleiner weergawe druk, stel ons voor u druk eers die opleidings bladsye (bl 24 en 25 van die pdf) op ‘n sakpas papier grootte, sny uit die gat en toets met ‘n maat voordat u die hele boek druk.
Indien u die Speakbook by ‘n druk winkel wil laat druk, stel ons voor u gebruik die volgende teks om ‘n kwotasie aan te vra. Onthou nie alle druk winkels doen spiraal bindwerk nie, so dit mag dalk die moeite werd wees om eers uit te vind wie dit wel doen. Spiraal bind is belangrik omdat dit u toelaat om die Speakbook heeltema loop te maak.
Goeiedag,/p>
Kan u asb kwoteer vir die druk van die aangehegte PDF. Dit is ‘n A4 dokument. Dit moet op beide kante van die blasy gedruk word – bladsy 1 van die PDF is die buitekant van die voorblad, bladsy 2 is die binnekant van die voorblad ens. Dit moet op ‘n stywe kaarttipe gedruk word met ‘n glansafwerking (die gebruiker moet met ‘n witbord pen hierop kan skryf en weer afvee). Die boek moet dan op die linkersy gebind word sodat dit 360 grade kan oopmaak. Ek sal self die oortjies en middle areas uitsny.
Wanneer u die gedrukte boek ontvang sal u die middelste dele en die oortjies moet uitsny met ‘n sker of lem.
U toegang tot tegnologie sal bepaal watter opsie die beste sal wees.
Indien u ‘n drukker het, druk die boek uit op karton (papier kan ook werk, veral as u ook beplan om te lamineer, maar karton sal stywer bladsy verseker wat die boek makliker maak om te gebruik). Druk die boek op beide kante van die papier - bladsy 1 van die PDF is die buitekant van die voorblad, bladsy 2 is die binnekant van die voorblad ens. Meeste tuis drukkers kan dit doen, dit word ‘double-sided’ of ‘duplex’ druk genoem. Loer in u drukker se aanwysings hoe u drukker dit doen. As u nie regkom nie, druk eenvoudig op een kant van elke bladsy en plak hulle aan mekaar. As u nie ‘n drukker het nie, kan u selfs die praatboek met die hand kopiëer.
‘n Gelamineerde praatboek beteken u kan maklik op die bladsye skryf en weer uitvee soos u behoeftes verander. U kan op die gelamineerde oppervlak skryf met ‘n nie-permanente pen end it uitvee met ‘n klam lappie. Op die dele wat baie gebruik word (soos die oortjies) kan u permanente ink gebruik. As u nie toegang het tot ‘n lamineerder nie, skryf eenvoudig u frases in potlood – maklik om weer uit te vee.
Knip die gate uit op elke bladsy, sowel as oortjies met ‘n sker of lem.
Die beste binding vir die praatboek is draad spiraal binding omdat dit die bladsye netjies bymekaar hou en die boek heeltemaal laat oopmaak. U sal waarskynlik nie hierdie by die huis kan doen nie, so ‘n ander opsie is om die linker sy van die boek te pons. Bind met tou of gebruik klein silwer sleutelringe (beskikbaar by sleutel sny besighede). Pons die gate tot teenaan die hoeke van die boeke ook, sodat alles mooi netjies bly.
Kontak asb vir [email protected] met enige vrae.
acecent.re/speakbook